Zwane daag nie op vir vrae oor staatskaping

Mosebenzi Zwane is afgedank as minister van minerale hulpbronne.

Mosebenzi Zwane, voormalige minister van minerale hulpbronne, het Woensdag nie opgedaag om voor die parlement se portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne vrae te beantwoord oor bewerings van staatskaping nie.

Sahlulele Luzipo, voorsitter van die komitee, het gesê Zwane het aangevoer hy is nie beskikbaar om voor die komitee te verskyn nie omdat hy ʼn ander vergadering moet bywoon.

Luzipo het gesê Zwane moes vrae antwoord het in verband met wanadministrasie en verkwistende uitgawes, asook sy rol in die kwessie rondom die politiek-verbinde Gupta-familie se omstrede verkryging van die Optimum-steenkoolmyn.

Luzipo het bygevoeg daar was reeds komiteevergaderings waar Zwane teenwoordig was en ʼn aantal van dié kwessies geopper en gehanteer is.

“Daar is egter lede van die komitee wat gevoel het sommige van die kwessies is nie behoorlik bespreek nie, daarom het ons die vergadering vir vandag geskeduleer.”

Die komitee het ook besluit om aan die speaker se kantoor te skryf om regsadvies te versoek om met die komitee se ondersoek te help.

ANC-LP Mandla Mandela het gesê die komitee se ondersoek moet nou geprioritiseer word. “Ons versoek dat hierdie werksaamhede geprioritiseer word en wil graag ʼn week opsy sit waartydens ons nie ander parlementêre sake bywoon nie om net hierdie saak te hanteer,” het Mandela gesê.

“Dit is in die beste belang van die publiek en Suid-Afrikaners dat hierdie kwessie afgehandel word. Ek dink hoe gouer ons dit kan afhandel, hoe gouer kan ons aangaan met die ander sake van die komitee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Linda Gouws ·

Lyk my dis die inding nou. Laat weet jy is te siek of daag net nie op nie. Geen verantwoordelikheidsin nie. Swak!

Alida ·

Hulle sal nie verskyn nie want hulle is bang. Kla hulle direk aan en kry klaar. Hoe lank wil hulle nog vergaderings hou? Liewe land.

Gestremde ·

Eish…sorry cannot attend the meeting…have other meetings. (must first consult with my attorney indeed). Weet hulle is besig om te lieg. My kommer is egter dat ek nog nie gehoor het van een suksesvolle vervolging nie en plaas daarvan is dit maar net weer ‘n kader heraanstelling in ‘n ander pos. In plaas van dat die parlement die vergaderings hou en hul tyd mors, moet die beskuldiges krimineel vervolg word.

Michael ·

Wat is dit n SIRKUS of wat .Dit kan mos nie so aangaan nie.

chris ·

dis defenitief die in ding, het geen bekommernis nie -” what will be will be – we already messed up the country, nothing can happen to me” dis hoe hulle nou voel en dink

Zumie ·

Uit die geagte en agbare nuwesuidafrika grootkoppe wat vraesessies soos die pes ontduik lei ek af die belangrikes ken nie al die antwoorde nie……

(of mag nie se nie)

DS ·

Die klomp narre wat ons land moet regeer het geen respek vir protokol nie. Ek het vir korporatiewe maatskappy gewerk so hele klompie jare terug en as jy nie vir ‘n geskeduleerde vergadering opgedaag het nie is daar dissiplinêre stappe teen jou geneem. Julle is pateties. Soek die “perks” maar nie die verantwoordelikheid nie!

Michael ·

Of kuier die lot saam in n 7 ster hotel. in JHB op staat onkoste? Wie sal weet hulle is mos almal siek.

Oom Kalahari ·

Dit is nou al een portefeulje komitee na die ander van ondersoek. Is dit nou ‘n werkskeppings proses wat die staat toepas op belasting betalers gelde. Ondersoek ondervragings word gedurig uitgestel. Dit gaan meer oor ‘n Komitee van “Kom drink tee”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.