Zwane nié nou beskikbaar oor bande met Guptas

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het Woensdag gesê hy is besig met kabinetsaangeleenthede en sal dus nie beskikbaar wees om deur LP’s gepols te word oor sy verhouding met die omstrede Gupta-familie nie.

ANC LP’s het vroeg vanoggend gesê hulle sal Zwane roep om voor die parlement se portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne te verskyn.

Sahlulele Luzipho, voorsitter van die komitee, het gesê Zwane het die komitee in kennis gestel hy is besig met kabinetsverpligtinge, maar dat hy bereid is om op ʼn geleë tyd met die komitee te skakel. “Hy het laat weet hy is bereid om voor die komitee te verskyn solank dit nie met sy ander verpligtinge bots nie,” het Luzipho gesê.

Cedric Frolick, die huisvoorsitter, het die komitee opdrag gegee om ondersoek in te stel na mediaberigte van Zwane se beweerde korrupte bande met die Guptas. Aantygings sluit onder meer in dat Zwane die Guptas se private straler gebruik het om van Switserland na Dubai te reis, dat die familie vir sy mediese onkoste betaal het en dat Zwane betrokke was in geldwassery en rampokkery tydens sy termyn as LUR vir landbou in die Vrystaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ander Annie ·

Nie beskikbaar om voor ‘n Parlementêre Komitee te verskyn nie. Te besig. Klink meer vir my soos weghardloop te besig. Ons sal maar moet sien of die weghardloop gaan werk. Dit klink vir my dat Roadrunner nou kompetisie het.

Paul ·

Dit het nou mode geword om aanspreeklikheid te ontduik deur nie op te daag nie.

Een vir een ·

So gaan julle Een vi een verbykom, buiten belaglike groot salarisse self toeieien, nog sulke sidelines en jul eie gesinne verkoop vir dit!!!!!! Jou mede Anc maatjies en kiesers van die ANC sal hul ogies al hoe meer oopmaak. Julle verryk julself ten koste van die res van die land.

Nico ·

Gewoon aan wegharloop al die jare lank banggat regeer net die land soos julle wegharloop

Ander Annie ·

Ek hoop iemand sê vir hom dat hardloop gaan nie help nie. Die Parlementêre Komitee kan hom dagvaar om voor die Komitee te verskyn. Iemand moet regtig aan hom die protokol verduidelik. Sy agterstoep word al hoe vuiler.

cc ·

Nog ‘n “fruitless and wasteful expenditure” exercise!!!
Al die komitee’s doen ondersoeke!! Die NVG doen kamstig ondersoeke,,,,,,daars nie begroot vir al die ondersoeke nie.
Ek sien nog geen LP of Minister of Departementshoof wat agter trallies sit vir hul onbekwaamheid en verkwisting van belasting geld nie. Hoekom is die Guptas se bates en besighede nie gevries hangende ‘n ondersoek nie? Nog nie gehoor van een politician wat ‘n sent moes terug betaal nie,,,,,,maar alewige ondersoeke!!!
Kom tot ‘n punt en wys julle is ernstig om SA op die regte pad te kry!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.