Zweli Mkhize toets positief vir Covid-19

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, en sy vrou, dr. May Mkhize, het positief getoets vir Covid-19.

Mkhize het in ʼn verklaring gesê hy en sy vrou het Saterdag besluit om ʼn toets te laat doen omdat hy geringe simptome getoon het. “Ek het buitengewoon moeg gevoel en soos wat die dag gevorder het, het ek ook my aptyt verloor,” het hy gesê. “My vrou het gehoes, het lighoofdig gevoel en sy was ook uiters uitgeput. Gegewe haar simptome het die dokters aangeraai dat sy opgeneem moet word vir waarneming en rehidrasie.”

Hy het gesê hulle was die afgelope week in nabye kontak met ʼn paar familielede en sommige lede van sy ministeriële span. “Ons het hulle ingelig en aangeraai om dadelik tuis te isoleer en getoets te word.”

Mkhize is nou in kwarantyn by sy huis en hy en sy vrou is albei optimisties dat hulle ten volle sal herstel.

“Ek wil graag van dié geleentheid gebruik maak om alle Suid-Afrikaners aan te moedig om steeds aan gesondheidsprotokol te voldoen. Ek rig ʼn pleidooi dat ons nie sal versuim om ons maskers te dra nie en dat ons sal voldoen aan sosiale distansiëring en om ons hande te was en te ontsmet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wielspore ·

Dankie vir die raad en advies, dit is net effe laat met in agneming dat jy tans Covid onder lede het, hoekom ander die raad gee as jy self dit klaarblyklik nie gevolg het…. minister van gesondheid.

nell ·

Of hy het wel sy masker gedra, maar… ?? Daar is steeds baie teenstrydige menings in mediese kringe of die dra van maskers werklik so effektief is om ‘n persoon teen Covid te beskerm.

Maggies ·

Ek self het Covid-19 onder lede gehad. Beslis nie uit nalatigheid aan my kant nie.
My ander helfte het dit in tydens ‘n hospitaal besoek (operasie) aangesteek en is eers 4 dae na sy ontslag in kennis gestel dat iemand in sy saal Covid-19 positief was.
Ons is drie volwassenes in ons huishouding en ons was al drie báie siek.
Met hierdie skrywe wil ek net sê, almal soek nie doelbewus om aangesteek te word nie, so moet asseblief nie té gou oordeel nie.

Hennie J ·

Ek hou nie van die ou nie, ek hou nie van sy politiek nie ek hou nie van sy oortuigings nie MAAR ek gun hom nie dit nie.

Lee ·

Dit is ‘n bewys dat hierdie virus nie onderskat moet word nie. Ons is almal kwesbaar. Ek is nie een van sy ondersteuners nie, maar ek wens hom spoedige beterskap toe.

JohanR ·

Die ou het gedink hy weet beter as al die hoe geleerdes in SA, en as hulle ietsie se daarteen dan wil hy hulle moet geskors word, of tronk toe gaan. Soos soe baie ANC “arrogant and ignorant!”

Anel ·

Het jy al gesien hie vuil is jou hande van al die gespuit? En taai? Ek hou ook nie meer vrywillig my hande nie en dra net die gesigskerm as ek aangesê word. DIT IS SOMER IN DIE SUIDELIKE HALFROND. WAT VERSTAAN JULLE NIE?

Kobus ·

Dink is eerder jy wat nie verstaan nie- gaan kyk na die getalle in N- Amerika, Indie en Rusland en hoe dit toegeneem het in die noordelike somer. Ek onthou in Februarie hoe jy verwys het hoe “lekker” die virus versprei in die noordelike halfrond, gedink jy sal by die tyd meer insig toon – die virus verspreiding is geensins net beperk tot die winter nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.