Zwelinzima Vavi hof toe oor skorsing

Zwelinzima Vavi Foto: Werner Beukes/SAPA

Zwelinzima Vavi Foto: Werner Beukes/SAPA

Zwelinzima Vavi, geskorste sekretaris-generaal van Cosatu, sal sy skorsing Donderdag in die hooggeregshof in Johannesburg teenstaan.

Vavi het Woensdag in ʼn verklaring gesê dit is die laaste uitweg. “Soos ek voorheen gesê het, ons nader die hof as ʼn laaste uitweg en met ʼn swaar hart. Ons doen dit egter aangesien ons glo in die oppergesag van die reg en dat niemand, insluitend die hoofsekretaris van Cosatu, bo die reg verhewe is nie en wanneer hy glo dat sy regte geskend word, hy soos enige ander werker, vry is om die hof as die laaste arbiter te nader.”

Vavi is verlede jaar geskors nadat hy erken het dat hy ʼn seksuele verhouding met ʼn junior kollega gehad het. Sy het hom aanvanklik van verkragting beskuldig maar nooit ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak nie. Nege Cosatu-affiliasies staan agter Vavi en eis dat hy weer aangestel word.

Lees ook:
Vavi se webtuiste bevat”feite” oor skorsing
Vavi vs. Cosatu: Saak uitgestel
Vavi dagvaar glo Cosatu
Cosatu ontken hy het Vavi-klagstaat uitgelek
Vavi ontvang uiteindelik klagtestaat
Vavi sê jammer op Twitter
Vavi nader die hof oor skorsing
Vavi se aansoek uitgestel
Nuuskommentaar: (Pik + Vavi) x (Marikana + Zuma) ?
Vavi met “spesiale verlof”
Vavi glo geskors
Nuuskommentaar: Knyp die kat in die donker
Verkragting-klag teen Vavi glo laat vaar
Verkragting-skandaal: Vavi se klaagster verduidelik wat het gebeur
Vavi afgepers in verkragting-skandaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.