Dr. Barend Delport, ʼn 55-jarige dokter van Suid-Afrika wat in Engeland praktiseer het, is tot ses jaar tronkstraf gevonnis nadat hy onsedelike foto’s van sy pasiënte geneem het, het The Star Woensdag berig. Delport is oorspronklik van Kroonstad in die Vrystaat.
Nagenoeg ʼn halfmiljoen pornografiese foto’s is op ʼn rekenaar gevind wat aan Delport behoort. Daar is ook 5 500 foto’s opgespoor van kinders, so jonk as 14 maande oud, waarvan sommiges sy pasiënte was.
Hy het in die Maidstone Crown-hof skuldig gepleit op 26 aanklagte van seksuele misdrywe, insluitende die onsedelike aanranding van vroue en kinders, en die besit en die maak van onsedelike prente van kinders. Delport is Maandag tot ses jaar tronkstraf gevonnis.
Hy het sy pasiënte toestemmingsvorms gegee om te teken sodat hulle onder valse voorwendsels afgeneem kan word. In van die gevalle het hy aangevoer hy wou die foto’s gebruik om vroedvroue se swak praktyke te illustreer. In ander gevalle het hy beweer dat hy ‘n dermatoloog is en dat hy foto’s neem vir opleidingdoeleindes.
Regter Philip Statmen het gesê dit is moeilik om aan ʼn groter skending van vertroue te dink.
Delport het in 1981 aan die Universiteit van Pretoria as ʼn dokter kwalifiseer. Hy het in 1992 as ʼn praktiserende dokter in Engeland registreer, en het in Swanley, Kent, praktiseer.
– SAPA
Ek hoop nie die siek mhur sal nooit weer toegelaat word om te praktiseer nie ! Wat ‘n skandvlek vir die mediese professie !
Dan lyk hy ook nog grillerig – yuk. Vat tog net die titel voor sy naam weg, hy is dit nie werd nie.
nog ‘n skande vir Suid Afrika – ons is die laughing stock van die buiteland, in meer as een opsig
Hoe is dit moontlik dat een liggaam soveel belustheid kan huisves?
Hierdie katools moet maar lekker sit en dink hoekom het hy nou sy aftrede so beplan. Hy is mos op aftreeouderdom, 55.
In Engeland is aftree eers op 65. So hy gaan met sy gat in die tronk sit en dan eers kan aftree sonder n sent. Maak SA se naam net swart oorsee.
Vuilgoed dan is dit nog n Afrikaans sprekende
Hoop nie die orige blixem kom nie terug Suid Afrika toe nie ons het genoeg siek gemors hier.
Ja nee hulle kan hom maar daar hou vuurvreter! Soos jy sê het ons genoeg siek sotte hier!
Opperste gemors,sies…verwyder die ding permanent uit die samelewing…net 6 jaar straf klink nie vir my reg nie???
Sy oe moet verwyder word! Asook alles wat pla, in die TE KORT tydperk agter tralies. Die wellustige barbaar!
Dink ek nou net daaraan….hel wonder hoeveel is al van ons geneem wanneer ons dink ons is in vir ‘n operasie!!!! Daar is net nie grenslyne vir hierdie tipe mense nie!!! Nou sit ons met die saadjie in die agterkop en as ons nou hospitaal toe moet sal dit met skop en skree gebeur!!!
JAVR jy is so reg! O gonnas pattattas! Hoe gril ek nou. Ons sal nie weet nie ne?
Ten minste sal ek nie myne erken as ek dit sien op ‘n foto nie! hie hie
Ek hoop hy word onmiddelik van die mediese rol geskrap! Verskriklik!
Volgens regter Philip Statmen is dit die grootste skending van vertroue, maar nogtans kry die vark net 6 jaar tronkstraf! Kan hier dan werlik versagtende omstandighede wees vir die heel laagste vuilgoed van enige gemeenskap?
6 Jaar tronkstraf!!! En van sy slagoffers is so jonk as 14 maande??? Ek sal nooit die regstelsel verstaan nie. Die slagoffer kom altyd die slegste daarvan af. Hopelik hang hy ook homself. Dis mos deesdae die maklike uitweg. Die skuimhond!!!
Hy het nou regtig ‘n vertrouensbreuk veroorsaak.Ja ek moet se lyk na gemors
Wat, net ses jaar?? Nee hel, sluit hom toe en gooi weg die sleutel!
Siek disgusting mens!!
Kom ek probeer weer. Ek hoop n swerm muishondstr (bollie) tref hom teen die spoed van witlig