SA-prof gaan eerste digitale menslike brein bou

Prof. Henry Markram

‘n Suid-Afrikaanse neurowetenskaplike hoop om nuwe inligting oor geestesversteurings te bekom deur die wêreld se eerste digitale brein te bou.

“Ons ontwikkel ‘n nuwe basis, ‘n nuwe instrument, ‘n teleskoop, wat ons die geleentheid gaan bied om dieper in die brein te kyk,” het prof. Henry Markram aan die Sunday Times gesê. “Dit gaan ons ‘n meer sistematiese benadering tot enige siekte bied.”

Die Europese Unie het ‘n R12 miljard-toelaag aan hom toegeken vir dié projek wat op ‘n superrekenaar by die Switserse Federale Instituut van Tegnologie in Lausanne, Switzerland, gaan plaasvind. Markram, wat ‘n outistiese seun het, sê hy glo die projek “gaan ons nuwe maniere bied om outisme te behandel”. Meer as 200 navorsers sal onder Markram aan die projek werk wat na verwagting sowat 10 jaar sal duur om af te handel. Dit sal moontlik ook nuwe inligting oor Alzheimer se siekte bied.

Die projek beoog om al 100 miljard neurone wat deur 100 000 miljard sinapse van die menslike brein verbind word, op ‘n enkele rekenaarstelsel uit te beeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.