SA-program die beste wêreldwyd

ʼn Internetprogram wat plaaslik ontwikkel is, het Woensdag uit meer as 100 000 inskrywings ʼn gesogte toekenning in Amerika ontvang.

Die program, PriceCheck, wat deur Naspers besit word, het die International App of the Year-toekenning by die BlackBerry Live-konferensie in Florida losgeslaan, berig Business Day.

PriceCheck is ʼn internetprogram wat spesifiek vir Suid-Afrikaanse verbruikers ontwikkel is sodat mense wat oor die internet inkopies doen, verskillende pryse kan vergelyk. Die program neem ook wisselkoerse en belasting in ag.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.