Die Suid-Afrikaanse regering het oor die afgelope jaar glo 14 aansoeke by Facebook en drie aansoeke by Google ingedien om inligting oor sekere gebruikers te bekom, het Beeld berig.
Facebook het nie enige van die versoeke toegestaan nie en Google het net aan een versoek voldoen nadat ‘n hofbevel in ‘n saak oor naamskending bekom is.
Facebook het in Google se spoor gevolg en sopas sy eerste halfjaarverslag oor regeringsversoeke gepubliseer. Luidens dié verslag het 71 lande regoor die wêreld sowat 25 600 versoeke gedurende die eerste helfte van die jaar aan Facebook gerig om IP-adresse, profielinligting en name te bekom.
“Plaaslik is die versoeke aan Facebook gerig deur verskeie regeringsinstansies soos die polisie, die Valke, en die departement van staatsekuriteit,” het Brian Dube, woordvoerder van die departement, gesê. “Ons departement het twee versoeke aan Facebook gerig oor internetsekuriteit.”
Volgens Facebook en Google word die meriete van elke versoek deeglik oorweeg voordat die inligting beskikbaar gemaak word.
Klik hier vir die volledige lys van versoeke.
-SAPA
om wat mee te maak? om weer ons reg om ons se te se van ons af weg te vat? pateties. mag ons vra om inligting van die regering ok te bekom?
Ek stem hoegenaamd NIE hiermee saam nie. Vir wat, en om wat mee te maak ?
Hulle wil net wys dat ons totaal en al hulle eiendom is en dat ons NIKS van hulle kan weerhou nie! Ek verstaan dat tot firmas deesdae op jou facebook gaan voor hulle jou ‘n onderhoud toestaan om te kyk wat se tipe jy is! Wha ha Willy sal dit nogal skreeusnaaks wees as hulle by jou ingaan en ou Browneye sien!!!!
Haha ek wil al hoeka my profielfoto wysig.
Smeer maar rooi lipstiffie aan dan lyk dit soos een of ander politikus!
Haha en hoe gemaak met die eyelashes?
Baie mooi vals wimpers te koop deesdae. Hulle dra dit saam met die lang lokke hare!
En as ek nog die lang lokke iewers plak wonder soos watter politikus sal ek dan lyk. O, wag, hulle lyk mos almal dieselfde haha.
ha ha ha ha √!!!! You see the one you’ve seen them all!
Big daddy is watching you!
As ek dit weet gooi ek ‘n brown eye vir hulle wanneer street maps my straat “update”.
Raak rustig……. Inligting word aangevra as daar vermoed word dat jy met kriminenele aktiewiteite besig is. In vergelyking met ander lande, verteenwoordig die 14 aansoeke wat SA aan FB gerig het, nie eens 1% van al die aansoeke nie.