SA Roadlink gaan nie gelikwideer word nie

SA Roadlink het glo ʼn ooreenkoms met FirstRand Bank aangegaan en gaan nie gelikwideer word nie.

“Ons ontken nie dat die bank ‘n likwidasie-aansoek voor die hof gebring het nie, maar ons het met hulle vergader en ʼn ooreenkoms bereik wat Dinsdag in die hof beklink gaan word,” het Marnus Kruger, SA Roadlink se woordvoerder, aan The New Age gesê.

Die koerant het Vrydag berig die maatskappy skuld die bank nagenoeg R6 miljoen en sou Dinsdag gelikwideer word. Lees meer hier.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.