SA rocker oorlede

Paul Wilson. Foto: Facebook

Paul Wilson (29), tromspeler van die Suid-Afrikaanse rockgroep Southern Gypsey Queen, is Woensdag weens ’n hartaanval oorlede.

Rolling Stone SA berig op sy webwerf dat Wilson Woensdag in die Molteno-hospitaal in die Oos-Kaap dood is. Volgens die berig het Wilson vroeër ernstige breinvliesontsteking opgedoen. Southern Gypsey Queen bestaan uit Wilson, sy broer Gareth Wilson en sy skoonsuster Tammy Wilson. Die groep kom oorspronklik van Molteno af. Wilson laat ook sy vrou Nicky Rogers-Wilson agter. Die sanger Karen Zoid het intussen haar medelye aan Wilson se familie uitgespreek. “Geskok deur die nuus van Paul Wilson se dood. Hy was ʼn uitstekende tromspeler en ʼn omgee mens. My gebede is met sy vrou, ma, broer en almal wat hom liefgehad het. Rus in vrede.”

Bron: Rolling Stone

Die video van Southern Gypsey Queen se liedjie Captain:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul Joubert ·

Paul Wilson was een van die vriendelikste mense wat jy ooit sou ontmoet. Vol talent en een van die enigste drummers wat die kollig by die “frontman” van die groep kon steel op die verhoog.

Een van Molteno se voorste burgers is verlore.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.