SA-rocklegende sterf

Phil Wright. Foto: Facebook

Phil Wright, ʼn voormalige radio-aanbieder en rocklegende, is Dinsdag dood in sy huis aangetref.

Marq Vas’s Southern African Music Collectibles het Woensdag op Facebook gesê Wright is vanoggend dood in sy huis aangetref en sover vasgestel kan word, het hy aan natuurlike oorsake gesterf.

Oppikoppi het op Facebook gesê: “Oppikoppi legend Phil Wright has crossed over to the larger herd. We will meet you there Phil, and watch out for the snakes so long.” [Die legende Phil Wright het die oorgang na die groter trop gemaak. Ons sal jou weer daar ontmoet, en sorg solank mooi vir die slange.]

Woodstock SA en die platejoggie, Jon Savage, het ook hul medelye op sosiale media betoon.

Wright het as ʼn klankingenieur by Radio RSA begin werk. Hy is later na 5FM (die destydse Radio 5) waar hy as aanbieder gewerk het. Barney Simon, nou ʼn aanbieder by Jacaranda FM, het hom destyds die bynaam “Metalhead” gegee. Wright was baie lief vir reptiele en wou altyd ʼn veearts geword het. Hy het by die Transvaalse slangpark gewerk toe 5FM destyds van strategie verander het.

Lees die opvolgberig hier: 
SA-rocklegende dalk aan hartaanval dood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.