SA-rolprent word ook in VSA versprei

Die span van die rolprent Leading Lady by by die 2014 kykNET Silwerskermfees wat by Kampsbaai gehou is.  V.l.n.r.: Henk Pretorius (medeskrywer en regisseur), Brümilda van Rensburg, Llewelynn Greef (vervaardiger) en Bok van Blerk. Foto: Burger Meyer

Die span van die rolprent Leading Lady by by die 2014 kykNET Silwerskermfees wat by Kampsbaai gehou is. V.l.n.r.: Henk Pretorius (medeskrywer en regisseur), Brümilda van Rensburg, Llewelynn Greef (vervaardiger) en Bok van Blerk. Foto: Burger Meyer

Die plaaslike rolprent Leading Lady, waarin die sanger Bok van Blerk onder andere ʼn rol speel, het verspreidingsregte in Amerika bekom.

Leading Lady, wat deur Dark Matter Studios vervaardig is, begin op 28 November in Suid-Afrika draai. “Om ʼn verspreidingsooreenkoms in Amerika te kry is baie moeilik. Om dit al die pad van Suid-Afrika af te doen, is bykans onmoontlik,” het die vervaardigers in ʼn verklaring gesê.

Die rolprent is glo baie positief by die internasionale rolprentfees in Seattle ontvang. Die vervaardigers het hierna verspreidingsagente in Los Angeles genader en verspreidingsregte bekom ondanks die feit dat derduisende hoopvolles selde die geleentheid kry om hul rolprente op die grootskerm te sien.

Leading Lady is deur Jon Bonnell van Summer Hill Films in Los Angeles verteenwoordig en die Amerikaanse verspreidingsregte is verkoop aan Free Style, ’n gerekende verspreidingsmaatskappy.

Die rolprent, uit die pen van Henk Pretorius, regisseur en medeskrywer van die Bakgat-reeks en Fanie Fourie’s Lobola, vertel die storie van ʼn jong opkomende aktrise, Jodi Rutherford [Katie McGrath] van Engeland. Sy moet voorberei vir ʼn rol in ʼn Hollywood-rolprent as ʼn Afrikaner oorlogsheldin en klop dan om hulp aan by ʼn boer van Brandfort, Kobus Willemse [Bok van Blerk].

McGrath was onlangs in die televisiereeks Dracula te sien en het ook ʼn rol losgeslaan in Steven Spielberg se Jurassic World. Gil Bellows, wat ook in die rolprent te sien is, is bekend vir sy rol in die reeks Ally McBeal en die fliek, Shawshank Redemption.

Brümilda van Rensburg is ook in dié komedie te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.