SA rugby-joernalis aangehou oor ‘dwelms’

ʼn Suid-Afrikaanse rugby-joernalis is Maandagoggend vroeg deur die polisie in Taupa in Nieu-Seeland aangehou nadat hulle vermoed het hy is ʼn dwelmhandelaar.

Vata Ngobeni is ʼn joernalis by Pretoria News en ʼn kommentator vir SABC. Volgens ʼn Sapa-joernalis het hy en Ngobeni in ʼn kroeg gekuier toe die polisie hom in hegtenis geneem en vir ondervraging in geneem het. Ngobeni is ook deur die polisie ondersoek en moes van sy klere uittrek. Ngobeni het kort nadat hy vrygelaat is gesê dit was ʼn baie groot verleentheid en dat vir hom baie erg was om soos ʼn krimineel behandel te word. Ngobeni het aan die polisie verduidelik hy is ʼn joernalis wat die Springbokke se toer vir die wêreldbeker dek waarna ʼn polisiebeampte glo vir hom gesê het hy pas die profiel van ʼn dwelmhandelaar. Die polisie het Ngobeni later om verskoning gevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.