Robbie Kempson (38), wat vir Suid-Afrika se veteraan-rugbyspan speel, is in hegtenis geneem nadat ʼn Amerikaanse speler ʼn klag van aanranding teen hom aanhangig gemaak het.
The Royal Gazette berig dat Suid-Afrika se veteraan-rugbyspan teen die VSA gespeel het in ʼn toernooi in Bermuda toe Kempson glo vir Leif Gibson (34) van agter geloop het sonder dat hy die bal gehad het. Kempson, ‘n voormalige Springbokspeler, is in hegtenis geneem en was vir sowat 12 uur in aanhouding voor hy vrygelaat is. Gibson het glo ʼn rugbesering in die voorval opgedoen. Kempson het gister aan die Royal Gazette gesê dat hy op borgtog vrygelaat is terwyl die aanklaer sy saak hersien en dat hy vandag moet terugkeer na die polisiestasie om te hoor of hy moontlik vervolg gaan word. Kempson sê hy voel aaklig oor die feit dat Gibson beseer is maar dat rugby ʼn kontaksport is en dat beserings wel gebeur. Die Suid-Afrikaners se afrigter, Pieter Muller, sê hulle kan nie kommentaar lewer tot ʼn besluit deur die aanklaer geneem is nie.
Lees meer hier.
Weet nie regtig hoe ek hieroor voel nie. Ja, rugby is ‘n kontaksport, maar hierdie blyk blatante vuilspel te gewees het. Vat maar jou pak Robbie.