SA sakeman glo in Pakistan ontvoer

imagesʼn Sakeman en voorsitter van die ANC in Meyerton is glo vroeër die week in Pakistan ontvoer.

Eyewitness News berig dat Arshard Ali glo Dinsdag ontvoer is. Volgens die berig was Arshard op pad na die Lahore-lughawe om terug te keer na Suid-Afrika toe hy glo deur vier mans voorgekeer en in ʼn wit dubbelkajuit-bakkie ingedwing is. Sy familie het intussen ʼn beroep op die departement van internasionale betrekkinge en samewerking gedoen. “Hulle [die ontvoerders] het nie vir ons gesê wat hulle wil hê nie,” het sy vrou Emel Ali aan Eyewitness News gesê. “Hulle het hom net gevat. Kan enigiemand in Suid-Afrika my help sodat ek soontoe kan gaan en my man kan gaan vind?” Die departement kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.