SA sanger in noodlottige ongeluk betrokke

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn bekende Suid-Afrikaanse sanger ʼn bejaarde voetganger omgery het.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, sê die sanger het die 79-jarige vrou in Soweto omgery terwyl sy glo die straat probeer oorsteek het. Makhubela sê die polisie het aanvanklik ʼn saak van roekelose en nalatige bestuur ondersoek maar is dit na ʼn saak van strafbare manslag verander nadat die 79-jarige vrou in die hospitaal oorlede is. “Nadat die ondersoek afgehandel is sal die saak na ʼn hof geneem word om te besluit of die sanger vervolg gaan word.” Makhubela sê die polisie wag steeds op die uitslae van die nadoodse ondersoek sowel as verslae van getuies en die spoed waarteen die sanger gery het. Die polisie sê die sanger se identiteit kan nie in die stadium bekend gemaak word nie.

Lees die opvolg storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.