SA se bankkoste die duurste van 27 lande

Suid-Afrika het die hoogste gemiddelde OTM-onttrekkingskoste van 27 lande.

Business Day berig ‘n opname deur die konsultasie-maatskappy Accenture het bevind dat ‘n transaksie in Suid-Afrika byna $2 (R16,75) kos. Die land het ook die hoogste onttrekkingskoste van $4,59 (R38,44).

Daarteen vra 18 lande, waaronder Amerika en Brittanje, niks vir onttrekkings by kitsbanke nie en 14 lande vra niks vir onttrekkings by takke nie.

Vinolan Pillay, van Accenture, het gesê 38% van Suid-Afrikaanse verbruikers is tevrede met hul banke, ten spyte van hoë bankkostes. Die wêreldwye gemiddeld van tevrede klante is 36%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.