SA se goue-swemduo maak skoonskip

Chad le Clos

Chad le Clos

Suid-Afrika se Olimpiese swemduo, Chad le Clos en Cameron van der Burgh, het die land se naam hoog gehou in die Fina-wêreldbekerreeks in Berlyn Woensdagaand.

Van der Burgh, wat met ʼn silwermedalje in die 100 m borsslag in Rio tevrede moes wees, het Woensdagaand goud gewen met ʼn tyd van 56,56 sekondes. Dit het die Russe Kirill Prigoda (56,63s) en Vladimir Morozov (57,01s) onderskeidelik tweede en derde gelaat. Van der Burgh het Dinsdag goud gewen in die 50 m borsslag en was derde in die 200 m borsslag.

Dit was Van der Burgh se 50ste Wêreldbekeroorwinning sedert hy in die reeks begin deelneem het in 2008.

Le Clos het die 100 m vlinderslag gewen in ʼn tyd van 48,66 sekondes. Brittanje se Adam Barrett was tweede met ʼn tyd van 49,60 sekondes. Dit beteken Le Clos benodig nog net drie oorwinnings om sy 100ste Wêreldbekeroorwinning in te palm. Hy het Dinsdag ook goud gewen in onderskeidelik die 200 m en 50 m vlinderslag.

Le Clos het gesê dat hy “baie gelukkig” is. “Ek is baie naby aan die wêreldrekord en ek dink ek kan dit breek in een van die volgende kompetisies. Ek voel goed in die water en verbeter van kompetisie tot kompetisie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

humor ·

Hoop nie die minister v sport Fikili hoor van hierdie prestasies nie. Hy sal reken die wittes is oor verteenwoordig. Baie geluk ons is trots op julle!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.