SA se goue swemsterre

Chad le Clos met sy goue medalje tydens die Olimpiese Spele in Londen, 2012

Chad le Clos en Cameron van der Burg het Woensdagaand Suid-Afrika se eerste goue medaljes by die FINA-wêreldkampioenskap in Barcelona ingepalm.

Le Clos het die 200m-vlinderslag vir mans gewen met ‘n tyd van 1:54:32 net voor Pawel Korzeniowski van Pole en Wu Peng van China in die derde plek. Hy het, op die dag na, een jaar gelede die goue medalje vir dieselfde item by die Olimpiese Spele in Londen gewen.

Cameron van der Burg het die 50m-borsslag vir mans met ‘n tyd van 26.77sekondes gewen. Giulio Zorzi van Suid-Afrika het die bronsmedalje in dieselfde item gewen.

Van der Burg het Maandag die silwer medalje in die 100m-borsslagitem vir mans losgeslaan. Hy het verlede jaar ‘n goue medalje vir dieselfde item by die Olimpiese Spele gewen. Die Australiër Christian Sprenger het Maandag egter net voor Van der Burg aan die muur geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Seg Net ·

Wel gedaan. Na die krieket tragedie vandag is dit darem goeie nuus. Weereens baie geluk Chad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.