SA se nuwe krieketheld verloof

Faf en sy verloofde Imari.

Suid-Afrika se nuwe krieketheld Faf du Plessis het verloof geraak aan sy vriendin Imari Visser.

Du Plessis het op Twitter geskryf: “In ander nuus….Ek is verloof aan @imarivisser. Mees romantiese dag van my lewe.” Visser het het geskryf dat sy nie woorde het nadat die man van haar drome haar gevra het om met hom te trou nie. Sy het ook kort hierna gesê dat sy dink haar foon gaan “ontplof” van al die boodskappe van gelukwense. “Dit voel steeds soos die beste droom ooit.” Visser het vroeër op Twitter gesê dat sy en Du Plessis by die Timamoon-lodge in Mpumalanga uitspan en dat dit die mees romantiese plek in Afrika is.

Du Plessis het verlede maand die land se nuutste krieketheld geword toe hy tydens sy toetsdebuut vir die Proteas ʼn marathon-kolfbeurt aangeteken het om te sorg dat Suid-Afrika se twee kriekettoets teen Australië onbeslis geëindig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.