SA se rykste persoon R61 miljard sterk

Suid-Afrika se rykste persoon is meer as R61 miljard sterk en ook van die 100 rykste mense in die wêreld.

Moneyweb berig dat Ivan Glasenberg die land se rykste persoon is. Glasenberg is ʼn voormalige Suid-Afrikaanse landloopkampioen en deesdae die uitvoerende hoof van Glencore International, die wêreld se grootste hulpbron-handelaar. Nicky Oppenheimer en Patrice Motsepe is kort op Glasenberg se hakke as die rykste persone in Suid-Afrika. Die rykste man in Afrika is vir die eerste keer ʼn Nigeriër, Aliko Dangote, wat se fortuin op nagenoeg R80 miljard geraam word.

Suid-Afrika se tien rykste mans:

1. Ivan Glasenberg, Glencore International – R61,48 miljard
2. Nicky Oppenheimer, De Beers – R50,44 miljard
3. Patrice Motsepe African Rainbow Minerals – R26,68 miljard
4. Johann Rupert, Compagnie Financiére Richemont – R23,42 miljard
5. Christo Wiese, Shoprite – R13,93 miljard
6. Desmond Sacco, Assore – R6,99 miljard
7. Sir Donald Gordon, Former Liberty International – R5,71 miljard
8. Stephen Saad, Aspen – R5,09 miljard
9. Koos Bekker, Naspers – R4,93 miljard
10. Raymond Ackerman, Pick and Pay – R4,38 miljard

Suid-Afrika se tien rykste vroue:

1. Wendy Appelbaum, Gordon Familietrust – R1,99 miljard
2. Wendy Ackerman, Ackerman Familietrust – R1,46 miljard
3. Sharon Wapnick, Premier Properties/Octodec – R334 miljoen
4. Elisabeth Bradley, Diversified Portfolios, R246 miljoen
5. Judy Dlamini, Aspen – R124 miljoen
6. Nhanhla Njoli-Mncube, Capitec/WBHO – R94 miljoen
7. Christine Ramon, Sasol – R49,67 miljoen
8. Santie Botha, MTN – R41 miljoen
9. Beverly Fraser, Cargo Carriers – R37 miljoen
10. Pauline Goetsch, Peregrine – R32 miljoen

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.