SA se rykstes word net ryker

Christo Wiese

Christo Wiese

Die gesamentlik rykdom van die 20 rykste mense in Suid-Afrika het met 8,6% gegroei in vergelyking met verlede jaar, berig Sunday Times.

Die myn- en vervaardigingsektore het swaar gekry die afgelope jaar terwyl die kleinhandel-, gesondheid- en mediasektore se waarde toegeneem het. Christo Wiese, voorsitter van Pepkor en Shoprite, het intussen die mynmagnaat Patrice Motsepe onttroon as die rykste Suid-Afrikaner. Wiese se bates was teen einde Maart vanjaar op R27,5 miljard geskat in vergelyking met die R15,2 miljard in dieselfde tyd verlede jaar. Lakshmi Mittal, wat verlede jaar die derde rykste Suid-Afrikaner was, het ses plekke afbeweeg en is vervang deur Stephen Saad, hoof van Aspen Pharmacare. Desmond Sacco, hoof van die mynmaatskappy Assore, is in die vierde plek terwyl Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, in die 19de plek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henko ·

Ek lees ook maar net van die syfers. Gun elke mens wat hard gewerk het daarvoor, om ryk te wees.

Demokraat ·

Dit is nie ‘n skande wanneer mense ryk word vanweë hul kundigheid, deursettingsvermoë, toewyding, insig en wysheid nie.

Ongelukkig is daar deesdae ook baie wat ryk word vanweë redes wat nie met voorgenoemde verband hou nie maar eerder met bedrog, korrupsie en onreëlmatige gebruike. Hierdie groep veroorsaak ongelukkig dat die verkryging van welvaart ‘n negatiewe betekenis kry en daarom word daar dan ook ‘n vraagteken geplaas oor kapitalisme en die vryemark-stelsel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.