SA se top 10 restaurante

Sjokolademousse met gepekelde bababeet (The Test Kitchen) Foto: The Test Kitchen

Sjokolademousse met gepekelde bababeet (The Test Kitchen) Foto: The Test Kitchen

Die wenners van die 2013 Eat Out DStv Food Network Restaurant-toekennings is pas by ʼn glansgeleentheid aangewys, berig EatOut.

The Test Kitchen in Kaapstad is vir die tweede keer as Suid-Afrika se Restaurant van die Jaar aangewys.

Abigail Donnelly, Eat Out se redakteur en hoofbeoordelaar het saam met Garth Stroebel (kok en dosent), Liam Tomlin (eienaar van Chefs Warehouse and Cooking School) en Andy Fenner (konsultant en eienaar van Frankie Fenner Meat Merchants) het op die top 10 restaurante besluit. Jenny Morris, bekende kok en TV-aanbieder het die “Beste van”-gedeelte beoordeel.

Die top 10 restaurante is soos volg:
1. The Test Kitchen, Kaapstad
2. Five Hundred, Johannesburg
3. Rust en Vrede, Stellenbosch
4. The Greenhouse, Kaapstad
5. Hartford House, Drakensberg, KZN
6. Jordan Restaurant, Stellenbosch
7. Overture, Stellenbosch
8. Camphors by Vergelegen, Somerset-Wes
9. The Tasting Room by Le Quartier Français, Franschhoek
10. Pierneef à La Motte, Franschhoek

Restaurant van die jaar: The Test Kitchen
Eat Out S. Pellegrino kok van die jaar: David Higgs, Five Hundred
Diensuitnemendheid: Rust en Vrede
Opkomende ster: Vanessa Marx, Dear Me
Wyndiens: Joakim Hansi Blackadder, Rust en Vrede
Die Lannice Snyman lewenslangeprestasie-toekenning in samewerking met Paarl Media: Michael Olivier
Eat Out TASTE Beurs: Amanda Manyatshe
Boschendal styltoekenning: The Pot Luck Club
Beste Asiese Restaurant: Kitima
Beste Bistro: The Leopard
Beste Landelike Restaurant: Towerbosch
Beste Italiaanse Restaurant: Burrata
Jacobsdal Beste Braairestaurant: Carne SA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Chris Smit ·

Was die beoordelaars darem buite die Kaap; dit wil nie so lyk nie?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.