SA-sendeling in Libië gevang

‘n Suid-Afrikaner is een van vier mense wat in Benghazi, Libië, in hegtenis geneem is nadat hulle glo Christelike sendingaktiwiteite uitgevoer het.

‘n Egiptenaar, Suid-Koreaan en ‘n Sweed met ‘n Amerikaanse paspoort is saam met die Suid-Afrikaner in hegtenis geneem. “Die persone is Dinsdag by ‘n drukkershuis in hegtenis geneem, waar hulle besig was om boeke te druk wat mense versoek om hulle na die Christelike geloof te bekeer,” het Husseun bin Hameida, ‘n sekuriteitsbeampte, aan AFP gesê.

“Libië is ‘n Moslem-land en dit is onwettig om enige ander geloof te preek,” het hy gesê. Bin Hameida sê die ondersoek duur voort en die verdagtes “sal binnekort aan die intelligensiediens oorhandig word”.

Sedert Moamer Kadhafi se val in 2011 vrees die klein Christelike gemeenskap in Libië vir hul veiligheid, veral nadat twee mense dood is toe ‘n kerkgebou in Desember in Dafniya opgeblaas is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leslie ·

Hulle is almal en ek herhaal almal moordenaars, vandag sê hulle is teen geweld die enigste mense wie hulle sal glo is hulle self
Hier in Suid Afrika is al die drug lords ook moslem of ‘n groot gedeelte van hulle is, hulle skree bewys dit soos hulle sê “where there is smoke there is fire”
Hulle kla ook harde musiek by moskeës maar Christelike gemeenskap moet luiste na die lawaai wat hulle van hille toring met luidsprekers maak en niks sê nie as its gesê word dan is alle hel los

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.