SA ski-oord op veiling verkoop

Suid-Afrika se enigste ski-oord is Donderdag op veiling verkoop nadat dit in 2009 na ʼn uitgerekte hofstryd gelikwideer is.

Die Burger berig dat Lew Campbell, ʼn sakeman van Johannesburg, die trotse nuwe eienaar is van Tiffindel in die Oos-Kaap nadat hy dit gister vir R5,5 miljoen op ʼn veiling gekoop het. Campbell hoop om die oord teen 2013 weer operasioneel te hê. Die openingsbod was R1miljoen en die prys is binne minute na R5 miljoen opgestoot. Volgens Campbell stel Suid-Afrikaners meer as genoeg in ski belang om Tiffindell een van die land se gewildste bestemmings te maak.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.