SA soldate beseer in DRK-geweld

‘n Verenigde Nasies-vredesmag in die DRK. Foto: Sylvain Liechti/VN

Twee Suid-Afrikaanse soldate is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal nadat hulle beseer is in ʼn geveg tussen soldate en rebelle in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) .

Xolani Mabanga, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse weermag, sê die twee soldate is Maandag gewond. “Besonderhede is steeds vaag maar daar was geen ernstige beserings nie. Hulle is gestabiliseer en ontruim uit Kivu, waar die voorval plaasgevind het, na ʼn hospitaal in Goma.” AFP berig dat die soldate deel was van ʼn Verenigde Nasies-vredesmag. Minstens een soldaat is dood in die geveg en sowat 20 mense is beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.