SA-soldate in Soedan beroof

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Vloot het Donderdag bekend gemaak dat ʼn groep Suid-Afrikaanse soldate in Suid-Soedan beroof is terwyl hulle besig was met ʼn vredesending.

“Daar was geen lewensverlies nie, maar van die soldate se toerusting is geroof,” het kapt. Jaco Theunissen gesê.

Hy het gesê die troepe was in ‘n konvooi toe hulle Saterdag in ‘n lokval oorval is.

Theunissen kon nie sê hoeveel troepe in die voorval betrokke was, of watter soort toerusting geroof is nie. “Ons wil nie nou spekuleer nie. Ons wag nog vir meer inligting van die ondersoekspan,” het hy gesê.  – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

n Blinde kan met n stok voel dat al hul vuurwapens en ammunisie geroof is. Wonder hoe gaan hulle daai uniforms weer skoon kry ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.