SA soldate se ontplooiing verleng

Argieffoto van Suid-Afrikaanse soldate. Foto: GCIS/SAPA

President Jacob Zuma het die ontplooiing van Suid-Afrikaanse soldate in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en Soedan verleng.

Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, sê Zuma het die soldate se ontplooiing tot April volgende jaar verleng. Hy sê 850 soldate is in Darfoer, Soedan ontplooi van 1 April 2012 tot 31 Maart 2013 as deel van ʼn gekombineerde mag van die Verenigde Nasies en die Afrika-Unie (Unamid). Die soldate sal nou tot April 2014 hier ontplooi wees. Maharaj sê 11 soldate is in die DRK ontplooi van 1 April 2012 tot 31 Maart 2013 as ʼn spesiale adviesspan. ʼn Verdere 1 267 soldate is in die DRK ontplooi om gewapende magte in die land op te lei. Al die soldate sal ook nou tot April 2014 hier ontplooi wees.

Zuma het vroeër die maand 220 Suid-Afrikaanse soldate in die Indiese Oseaan goedgekeur vir 1 April 2013 tot 31 Maart 2014. Hy het ook alle Suid-Afrikaanse soldate uit die Sentraal Afrikaanse Republiek (SAR) onttrek nadat 13 soldate verlede maand in konflik met rebelle gesneuwel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.