SA spog met beste hotelle; een van die top stede in die wêreld

La Residence, Franschhoek

La Residence, Franschhoek

Condé Nast Traveler het pas die wenners van sy jaarlikse Leserskeuse-toekennings bekend gemaak.

Volgens die tydskrif het meer as 1.3 miljoen mense regoor die wêreld aan dié stemmery deelgeneem.

Suid-Afrika se La Residence-hotel in Franschhoek in die Wes-Kaap het ʼn ongelooflike 99.2% ontvang en is aangewys as die beste hotel in die wêreld. Lodge at Kauri Cliffs in Nieu-Seeland deel saam met La Residence dié eer op die lys van die top 100 hotelle in die wêreld. Suid-Afrika spog met nog twee plekke onder die top 5 beste hotelle in die wêreld: Singita Sabi Sand (langs die Kruger-wildtuin) en Bushmans Kloof-wildreservaat (Clanwilliam in die Wes-Kaap) is saam in die derde plek.

Op die lys van top 25 stede in die wêreld is Kaapstad in Suid-Afrika en Bruges in België saam in die 11de plek.

Hier volg ʼn uittreksel uit die lys wenners. Klik hier om meer inligting op Condé Nast Traveler se webwerf te lees.

Top hotelle en oorde in die wêreld
1. La Residence, Franschhoek, Suid-Afrika
1. Lodge at Kauri Cliffs in Maturi Bay, Nieu-Seeland
3. Singita Sabi Sand, Suid-Afrika
3. Bushmans Kloof-wildreservaat, Suid-Afrika
5. Grand Hotel Timeo, Sicilië

Top stede in die wêreld
1. San Miguel de Allende, Mexiko
2. Boedapest, Hongarye
2. Florence, Italië
4. Salzburg, Oostenryk
5. Charleston, South Carolina, Amerika
5. San Sebastián, Spanje
7. Wenen, Oostenryk
8. Rome, Italië
9. Siena, Italië
10. Québec City, Kanada
11. Kaapstad, Suid-Afrika
11. Bruges, België
13. Vancouver, Kanada
14. Kyoto, Japan
15. Prague, Tsjeggiese Republiek
15. Kraków, Pole
17. Victoria, Kanada
17. Sydney, Australië
17. Santa Fe, New Mexico, Amerika
20. Seville, Spanje
20. Beirut, Lebanon
22. Parys, Frankryk
22. Melbourne, Australië
24. Venesië, Italië
24. Barcelona, Spanje

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Die Belgiese stad se naam is “Brugge” in Vlaams en Afrikaans, nie “Bruges”, die Franse en Engelse vorm nie.
In Afrikaans is dit ook “Praag” en nie “Prague” nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.