SA-studente bou ruimte-satelliet

Grafiese voorstelling van die Cubesat in die ruimte Foto: CPUT

Die Kaapse Peninsula Universiteit van Tegnologie (CPUT) het Dinsdag gesê die ontwikkeling van Suid-Afrika se derde satelliet wat na die ruimte lanseer gaan word, is vir hulle ‘n pluimpie.

Na-graadse ingenieurstudente het die Cubesat gebou wat volgende maand na Rusland verskeep gaan word. Dit sal in November na die ruimte lanseer word, berig EWN. Die miniatuur 10 cm-kubussatelliet sal vir ruimtenavorsing gebruik word. “Ons is baie trots op dié prestasie, aangesien dit meer studente sal aanmoedig om wiskunde, wetenskap en ingenieurswese as beroep te kies, het Siyabonga Copiso, woordvoerder vir CPUT, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae