SA swem tweede goue medalje los

Chad le Clos saam met sy held Michael Phelps. Foto: Facebook

Chad le Clos het gisteraand Suid-Afrika se tweede goue medalje by die Olimpiese Spele gewen in die 200 m-vlinderslag in ’n blitstyd van 1 minuut en 52.95 sekondes.

Le Clos het sodoende ook sy held Michael Phelps se droom om die eerste persoon te word om dieselfde Olimpiese item vir die derde agtereenvolgende keer te wen aan skerwe laat spat. Cameron van der Burgh het Sondag Suid-Afrika se eerste goue medalje gewen in die 100 m-borsslag. Le Clos het gisteraand in baan 5 weggespring met Phelps in baan 6. Le Clos het van die begin af langs Phelps gebly en danksy ʼn sterk eindpoging die goue medalje met vyf honderdstes van ’n sekonde gewen. “Dit is ʼn droom van, ek het nog altyd gesê Michael Phelps is my held. Ek kan nie beskryf hoe dit gevoel het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.