SA swemhelde luid toegejuig

Chad le Clos (links) en Cameron van der Burgh. Foto: @MG_Reporter

Honderde mense het Donderdagoggend by die O.R. Tambo-lughawe bymekaar gekom om die Suid-Afrikaanse swemspan te verwelkom na hul terugkeer van die Olimpiese Spele.

Die skare het plakkate en Suid-Afrikaanse vlae rondgeswaai, vuvuzela’s geblaas en later spontaan Shosholoza begin sing. Suid-Afrika se twee goue medaljewenners Cameron van der Burgh en Chad le Clos is luid toegejuig met hul aankoms op die lughawe. Een van die plakkate het gelees: “Chad will you be my matric dance date?” Fikile Mbalula, die minister van sport, mej. Suid-Afrika Melinda Bam en leerlinge van Crawford College, Van der Burg se almamater, het ook die swemspan ingewag. Van der Burgh het goud gewen in die 100 m-borsslag terwyl Le Clos ʼn goue medalje ingepalm het in die 200 m –vlinderslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.