SA verkoop miljarde rande se wapens

Suid-Afrika het die afgelope paar maande meer as R1,7 miljard se wapens aan verskeie lande verkoop.

Volgens The New Age is dit Donderdag deur die nasionale komitee vir die beheer van konvensionele wapens (NCACC) in die parlement bekend gemaak in hul tweede kwartaallikse verslag. Volgens die berig is die meeste van die wapens na Swede uitgevoer. Jeff Radebe, minister van justisie en voorsitter van die NCACC, sê die verslag is vir die verkoop van wapens van April tot Junie vanjaar. Die grootste transaksie was vir R555 miljoen met Swede. Thailand het R505 miljoen spandeer. Die VSA het R375 miljoen betaal vir wapens en toerusting. Volgens die verslag is daar ook ontmyning-toerusting van R26 miljoen aan Sirië verkoop en R17,9 miljoen se wapens aan Egipte. Die Verenigde Arabiese Emirate het R113 miljoen spandeer op wapens terwyl Brittanje sowat R46 miljoen opgedok het. Daar is ook wapens aan Saoedi-Arabië (R61 miljoen), Duitsland (R56,4 miljoen) en Pakistan (R45,2 miljoen) verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.