SA veroordeel Egipte-bloedbad

Geweld in Egipte Foto: kvue.com

Suid-Afrika het die geweld, wat deur sekuriteitsmagte in Egipte gebruik is om pro-demokratiese betogers in Kaïro te verjaag, veroordeel.

“Die tragiese verlies van lewens in Egipte verwyder die land selfs nog verder van die demokratiese aspirasies wat miljoene kiesers in Egipte verlede jaar nagestreef het,” het die departement van internasionale betrekkinge Donderdag gesê. “Die Suid-Afrikaanse regering doen ʼn beroep op die owerhede in Egipte om seker te maak dat hulle selfbeheersing toepas wanneer hulle vreedsame betogings hanteer.”

Die departement versoek die land se tussentydse regering om die geweld teen sy eie mense te beëindig, die onrusverwante sterftes te ondersoek en alle politieke gevangenes onvoorwaardelik vry te laat. “Dit is die plig van hierdie magte wat vir reg en geregtigheid verantwoordelik is, om seker te maak dat hulle die inwoners beskerm en verdere geweld in Egipte verhoed.”

“‘n Egipties-geleide inklusiewe onderhandelingsproses is die enigste opsie vir dié land om die huidige dooiepunt te oorkom. Suid-Afrika staan gereed om Egipte te help deur sy eie ervarings en lesse, tydens die oorgang van apartheid na ʼn demokratiese bestel, te deel,” het die departement gesê.

Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het die situasie in Egipte tydens ʼn beraad in Malawië met haar eweknieë bespreek. “Vrede en stabiliteit in Egipte is noodsaaklik vir die Noord-Afrikaanse streek en Afrika as kontinent,” het die departement gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kaspaas Breekwater ·

Siestog. Meer as 50 mense word daagliks in ons land vermoor. Wanneer gaan dit bietjie veroordeel word ?

HELENA SEABORNE ·

moerse? en wat van dit wat in ons land aangaan. as ek die goverment is hou ek eerder my bek en vee eers voor my eie deur.

Andie ·

soos die engelse spreekwoord sê: the pot calls the kettle black! Wat ‘n grap!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.