SA-vlieëniers oorweeg regstappe teen Namibië

Twaalf vlieëniers van Suid-Afrika wat onlangs in Namibië aangehou is omdat hul vlugdokumente glo nie in orde was nie, oorweeg regstappe teen die land se regering vir onregmatige inhegtenisname.

“Die groep beweer die hardhandige en wraaksugtige manier hoe hulle behandel is oor die paar dae, was ongegrond. Die groep is onregmatig in hegtenis geneem en as misdadigers beskou,” het Ron Weissenberg, die vlieëniers se woordvoerder, aan die Cape Times gesê.

Volgens Weissenberg gaan die insident by die Verenigde Nasies se ekonomiese en sosiale raad aangemeld word. Dié raad oorsien die internasionale burgerlike lugvaartowerheid en internasionale lugvaart ooreenkomste.

Die vlieëniers en agt passasiers het Suid-Afrika op 27 April verlaat vir ʼn 16-dag toer deur Botswana en Namibië om bewusmaking vir kanker te doen.

Lees ook:
SA-vlieëniers mag terugkeer van Namibië
12 SA-vlieëniers in Namibië aangehou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Ek is van opinie dat die Namibiese Owerhede so ietwat oorreageer het en dat die aangeleentheid, wat geen veiligheisrisiko vir Namibië ingehou het nie, langs ander weë en op ‘n meer vriendelike basis opgelos te kon word. Om sulke drasties stappe teen die onskuldige vlieggeselskap te neem vanweë ‘n geringe tegniese probleem met dokumentasie, is ietwat verregaande.

Die Namibiese Owerhede moet onthou dat Suid-Afrikaners ‘n groot bydra maak tot toerisme en wat toevallig een van die land se groot inkomstebronne is, en dat daarom nie onnodig aanstoot gegee moet word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.