Die burgerlike lugvaartowerheid (CAA) is op soek na ʼn vliegtuig wat Sondag oor Mosambiek vermis geraak het.
Die CAA sê die Suid-Afrikaanse geregistreerde Baron 55, met twee persone aan boord, was onderweg van Malawi na Lanseria toe dit vermis geraak het.
“Die laaste kommunikasie wat ons van die vliegtuig ontvang het, was Sondag om 06:47. Die vliegtuig se laaste lugposisie is 10:56 oor Mosambiek aangeteken,” het die CAA gesê.
Mense met inligting oor die vliegtuig kan by 011 545 1000 met die CAA in verbinding tree.