SA-vlugte nie deur staking geraak

Vlugte van die Suid-Afrikaans Lugredery  (SAL) word nie deur ʼn huidige staking by dié lugredery geraak nie.

Werkers wat aan die National Transport Movement (NTM) behoort, het Vrydag begin staak. Hulle beskuldig die lugdiens daarvan dat die hoofbestuur nie die NTM as ʼn unie erken nie. Die unie het 1 300 lede, maar kan glo nie bewys lewer dat hulle ʼn onafhanklike derde party is nie.

Tlali Tlali, ʼn SAL-woordvoerder, het gesê die lugredery het gebeurlikheidsplanne in werking gestel om seker te maak dat kliënte en passasiers nie deur die staking beïnvloed word nie. “Geen vlugte of skedules word deur die staking geraak of vertraag nie. Inteendeel, geen bedrywighede by die SAL word hierdeur beïnvloed nie,” het Tlali gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.