SA-vrou glo in Indië aangekeer met dwelms

Die lughawe in Mumbai, Indië

‘n Suid-Afrikaanse vrou is glo by Mumbai se lughawe in Indië deur doeanebeamptes aangekeer met 26kg dwelms.

Volgens mediaberigte in Indië is dit een van die grootste dwelmklopjagte die afgelope tyd. Die vrou, Sity Lentin, is glo deur doeanebeamptes ondersoek terwyl sy gewag het om met Ethiopian Airways na Suid-Afrika terug te vlieg. Die beamptes het, nadat hulle glo ‘n wenk ontvang het, die vrou se bagasie ondersoek en op ‘n vals bodem afgekom waarin die dwelms, onder andere kokaïen, metamfetamien en ketamien, versteek was. Die SABC berig Lentin het glo vir ‘n maatskappy gewerk wat geleenthede in Indië, Kanada en Singapoer organiseer.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.