SA vrou in China tereggestel weens dwelms

Janice Bronwyn Linden.

ʼn Suid-Afrikaanse vrou is Maandagoggend in China tereggestel weens dwelmsmokkelary.

Die eNews-kanaal se korrespondent in Beijing het Maandagoggend bevestig dat Janice Bronwyn Linden (35) ʼn dodelike inspuiting ontvang het nadat sy tyd gekry het om vir twee van haar susters totsiens te sê. Janice Bronwyn Linden (35) is in November 2008 met drie kilogram tik in haar bagasie betrap toe sy by die lughawe in Guangzhou geland het. Die doodstraf is in Julie 2009 aan Linden opgelê. Linden het reeds verskeie kere appèl aangeteken, sonder sukses. Linden het eers vanoggend gehoor dat sy tereggestel gaan word. Daar is volgens berigte meer as 20 Suid-Afrikaners in aanhouding in China in verband met verskeie misdade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

bovelder ·

as dit jou kind was goed of sleg. maak nie saak nie. dis ‘n lewe wat geneem word.

ons gaan almal geoordeel word net soos onsordeel.

ek hoop daai regters weet dit. in teendeel ek hoop alle rekters weet dit vir elke oordeel wat hulle vel gaan hulle op die selfde wyse geoordeel word. so ook elke mens op die aarde. dis net regverdig dat jy met die selfde wyse en perspektief waarmee jy oordeel dan geoordeel word. dis nie lekker om jou eie medesyne te drink nie. dokters is ook net soos regters spreek oordele oor mense uit. ek wil nie in my eie skoene staan nie ne te minb nog die van daai klomp chineese regters mie en ook nie eer die in die sa regsbank nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.