SA-vrou in Kenia vermis

'n Foto wat tydens die naweek se aanval geneem is. Foto: @KenyaRedCross/Twitter

‘n Foto wat tydens die naweek se aanval geneem is. Foto: @KenyaRedCross/Twitter

ʼn Suid-Afrikaanse vrou word in Kenia vermis en is vermoedelik dood, het The Star Woensdag.

Super Moloi, die Suid-Afrikaanse hoë kommissaris in Nairobi, het gesê die vrou was vermoedelik oor die naweek in die Westgate-winkelsentrum toe dit deur Islamitiese militante aangeval is.

Moloi het gesê die vrou het nog nie sedert die aanval met haar familie in verbinding getree nie.

Volgens Moloi het sy span hoop laat vaar dat sy nog lewe, nadat die winkelsentrum Dinsdag glo veilig verklaar is en alle gyselaars gered is. Sy span het begin om na haar liggaam in lykshuise te soek. Hulle soek ook na ander Suid-Afrikaners wat moontlik in die aanval dood is. Tot dusver is daar net een Suid-Afrikaner, James Thomas (57), in die aanval dood verklaar. Die totale dodetal staan tans op 67.

– SAPA

Lees ook:
Kenia-bloedbad verby – Keniaanse president
Al-Shabaab dreig met nog aanvalle
Kenia-bloedbad: Meer oor die Britse “wit weduwee”
Kenia-bloedbad: Amerikaners en Britse vrou onder aanvallers
Kenia-bloedbad: Byna alle gyselaars vry, twee soldate sterf
Video: Spesiale magte help by Kenia-bloedbad
Nuuskommentaar: Wortels van aanval op Kenia-winkelsentrum lê baie diep
Video: Binne die Kenia-bloedbad
Kenia bloedbad: SA’ner se naam bekend
SA’ner sterf in Nairobi-bloedbad
Kenia-bloedbad: SA’ners in winkelsentrum vasgevang, skietery duur voort
Nairobi-winkelsentrumskietery: Al-Shabaab se twiets
Minstens 15 dood in Nairobi-winkelsentrumskietery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.