SA vrou moontlik vas in Uganda oor dwelms

Kathryn Fuller.

ʼn Suid-Afrikaanse vrou, wat glo gedeeltelik verlam is nadat sy en haar oorlede ‘Amazing Race’-baas besmette dwelms geneem het in Uganda, gaan moontlik in hegtenis geneem word nadat sy herstel het.

Kathryn Fuller se gesin is intussen desperaat om hul dogter uit Kampala te kry sodat sy behandeling in Suid-Afrika kan ontvang. Die Daily Mail berig dat Fuller die assistent was van Jeff Rice (39), ʼn Amerikaansgebore vervaardiger wat aan die TV-reeks The Amazing Race gewerk het. Rice is op 18 Februarie dood aangetref in die Serena-hotel in Kampala nadat hulle glo besmette kokaïne gebruik het. Fuller was bewusteloos. Hulle het aan ʼn rolprent gewerk ten tyde van die voorval. Moses Kalanzi (23), ʼn taxi-bestuurder, is in hegtenis geneem nadat hy glo die dwelms aan Rice verskaf het. ʼn Polisiewoordvoerder, Asuman Mugyenyi, sê Fuller is ʼn ooggetuie en sal in hegtenis geneem en moontlik vervolg word vir dwelmgebruik wanneer sy uit die hospitaal ontslaan word. Fuller se pa, Stuart, bly sedertdien in ʼn hotel in Kampala en probeer om sy dogter terug te bring na Suid-Afrika vir behandeling. Rice los sy vrou, Sally Blackman, en twee kinders, 2 en 7, agter. Hy het saam met sy vrou ʼn maatskappy , SB Productions, vanaf Durban bedryf.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.