SA vrou ‘te vet’ vir Nieu-Seeland

Mondelea Bezuidenhout en haar gesin. (Foto: Mondelea Jordan Bezuidenhout/Facebook)

ʼn Oud-Suid-Afrikaner en haar gesin kan moontlik uit Nieu-Seeland gesit word nadat dié regering haar aansoek vir permanente verblyfreg van die hand gewys het weens haar gewig.

Mondelea Bezuidenhout (35) het aan die Nieu-Seelandse media gesê sy was verpletter toe sy uitvind dat die land se immigrasie-afdeling haar en haar gesin se aansoek afgekeur het omdat sy oorgewig is.

Bezuidenhout wil nou teen dié besluit appelleer. Volgens ʼn inskrywing op die fondsinsamelingsplatform Give a little, het die gesin reeds sowat $10 000 (meer as R100 000) aan regskoste vir die aansoek opgedok. Sy het haar toe na dié webtuiste gewend om geld in te samel om hul regskoste te dek. Die fondsinsameling is intussen gesluit.

ʼn Mediese ondersoek het glo bevind dat sy ʼn hoë gesondheidsrisiko is weens haar hoë liggaamsmassa-indeks (LMI). Bezuidenhout sê egter in ʼn inskrywing op Give a little, dat verskeie mediese toetse daarop dui dat sy andersins gesond is.

Bezuidenhout, wat nou 128 kg weeg, het in 2018 saam met haar man, Donovan, en twee kinders, Donna (9) en Damien (3), van Port Elizabeth na Nieu-Seeland verhuis.

Luidens ʼn berig op die Nieu-Seelandse nuuswebwerf Stuff het die gesin in Palmerston-Noord gaan woon, waar haar man as ʼn lynwerker in die vervaardigingsektor werk. Sy het later ʼn werk in ʼn staatsdepartement losgeslaan en ʼn werksvisum van drie jaar ontvang, asook toegang tot die land se openbare gesondheidstelsel.

Bezuidenhout het 150 kg geweeg met hul aankoms in Nieu-Seeland en het sedertdien met behulp van gesonde maaltye en oefenroetines 22 kg verloor.

Nietemin is Bezuidenhout se hele gesin se aansoek vir verblyfreg is afgekeur.

“My gesin se toekoms was in my hande en ek het dit opgemors. Om te erken dat dit my skuld is, was ʼn moeilik pil om te sluk,” het Bezuidenhout aan Stuff gesê.

ʼn Woordvoerder van die land se immigrasie-departement het aan dié mediahuis gesê dat Bezuidenhout se gewig nie die enigste rede is waarom haar aansoek van die hand gewys is nie. Bezuidenhout het in 2013 haar galblaas laat verwyder en tesame met haar spanningshoofpyne kan sy in die toekoms ʼn las op die land se gesondheidstelsel wees.

Daar word geraam dat Bezuidenhout die land sowat $41 000 in gesondheidsorg kan kos. Dit is meer as R400 000.

Bezuidenhout is glo van kleintyd af al oorgewig en was op skool geteister daaroor.

“Nou word ek deur ʼn land geboelie wat boonop nie oortuig is dat ek my gewigsverlies kan volhou nie. Die druk om gewig te verloor is geweldig baie en ek het nou alles gedoen om dit af te skud. Dit gaan ongelukkig net tyd neem.”

Volgens dr. Cat Pausé, dosent by Massey-universiteit in Palmerston-Noord, is dit belaglik dat die LMI steeds bepaal of iemand gesond is al dan nie.

“Jou gewig bepaal nie hoe gesond jy is nie en om dié metode te gebruik om die immigrasiestatus van ʼn persoon te bepaal, is lagwekkend.”

Pausé het ook in 2010 deur dieselfde proses gegaan toe haar aansoek om burgerskap van die hand gewys is weens haar gewig. Ná verskeie rondes van mediese assesserings en appèlle teen die regering het Pausé ʼn burger van Nieu-Seeland geword.

“LMI kan nie bepaal hoe gesond jy in die verlede, hede of toekoms gaan wees nie,” het Pausé gesê.

Volgens Bezuidenhout was hul seun, Damien, net sewe maande oud met hul aankoms in Nieu-Seeland en ken hy nie ʼn ander huis as dié een nie.

“Ons is reeds gevestig in Nieu-Seeland en die idee om te trek is angswekkend. My dogter was so ontsteld [toe die aansoek afgekeur is], ons moes ʼn geestesgesondheidsnoodnommer bel,” het Bezuidenhout gesê.

Die Bezuidenhouts se visums verstryk einde Julie, maar hulle hoop om dit te hernu aangesien Donovan se beroep steeds in groot aanvraag is.

Dié gesin sal ook na verwagting teen die immigrasie-departement se bevindinge appelleer.

“Jy moet kan weeg soveel soos wat jy wil en lyk hoe ook al jy wil.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Elmarie ·

Hoekom apelleer, doen liefs die gesonde ding en werk hard aan die gewig. Dis tog in jou én jou gesin se belang om lank en gesond te lewe!

WLM ·

Ek ken rietskraal mense wat baie ongesond is en oorgewig mense wat nooit siek word nie . So dan dink ek maer mense moet eerder ook nie gaan nie, ook nie mense wat hul hare kleur, rook, drink, te min water drink, te min oefen, te veel kleurstowwe en inneem, ens ens ens mag ingelaat word nie.

Pandora ·

WLM ek stem saam daarmee. Hulle kan eerder ‘n immigrasie opsie insit om vir haar te se vir 5 jaar kwalifiseer sy nie vir medies deur die staat nie en haar dan laat monitor as om net LMI te gebruik, wat al hoeveel keer bewys is as ‘n baie verouderde ongebalanseerde metode. Wanneer mense kan bewys dat hulle bydrae lewer tot die gemeenskap, waarop ‘n monopolie op gewig plaas? Die dame het reeds bewys dat sy reeds hard werk en al meer as 20kg verloor het. Nie almal se liggame reageer dieselfde nie en hormone het ‘n uitwerking op gewig. Hoop die regering neem dit in ag en dat hulle nie uit hul tuiste verban word nie.

Erik ·

Doen iets daaraan. Ek het self onlangs 30kg verloor. Ek kan verstaan waarom hulle oorgewig mense afkeur. Dit gaan oor die potensiële mediese koste wat die NZ se gesondheidsdepartement sal moet dra. Ek weet mens kan nie stereotipeer nie en dat dit nie altyd die geval is nie, maar gaan kyk gerus hoe lyk meeste jonger (onder 50 jaar oud) ernstige gevalle, Covid en ander, in die hospitaal se gewig.

VaalDonkie ·

So sal omtrent 70kg moet verloor. Dis nogal rof. En gevaarlik as jy dit te vinnig doen want dit verswak jou hart. Sy sal omtrent drie jaar moet werk om dit reg te doen en dis baie lank.

Erik ·

Maar sy weeg nou 128kg? Waarom nog 70kg verloor? Moet sy 58kg weeg om vir burgerskap te kwalifiseer?

Grens ·

Sy kan nou kom oefen hier in SA, so paar keer saam die looters draf, dan is sy gou weer in “Shape”

Peter Pan ·

Ja nee, die gras is ook nie altyd groener aan die ander kant nie. Bly maar in SA!

Barney ·

“Jy moet kan weeg soveel soos wat jy wil en lyk hoe ook al jy wil.”
Ja, dis jou reg maar dan moet jy self alle koste verwant aan jou gesondheidsprobleme kan dek. Moenie van ander mense of die staat verwag om dit te doen nie.

Sobymykoolkop ·

Ek het omtrent dieselfde as Maggie gesê. Watter reël van julle liberale het ek oortree

Francois ·

Dit is belaglik. Nieu-Seeland stuur die eerste transgender atleet olimpiese spele toe wat alle menslike reels breek maar hulle volg hierdie reels.

Zelna ·

die transgender is ‘n nz burger en maak al die se lewe lank ‘n bydrae

koos10 ·

Toy, daar is, maar hulle het reeds burgerskap of is daar gebore.

Jean ·

Is sy oorgewig, ja of nee…
NZ se reels, pas in of kom terug.

Olivia ·

Dit is n vereiste en as jy nie daaraan voldoen nie dan voldoen jy nie daaraan nie. Hulle beskerm hulle land en hulle Burgers. Dink net hoekom SA tans so lyk. Daar is geen reëls en regulasies nie. Geen reëls oor wie hierna toe mag immigreer nie. Almal hier maak nes hulle wil. Die skelms, verkragters, looters meer reg as die onskuldiges. Want o wee ek het n reg! As sy apelleer maak NZ dalk dit onmoontlik vir enige Suid-Afrikaner. Wnr gaan mense besef reëls is reëls en is daar om almal op die ou end te beskerm!

Hennie J ·

Ek sien so in my geestesoog hoe die aansoeke van derduisende suid afrikaanse pruikdraende polisiebeamptes,weermaglede,bewaarders,onderwyseresse en verkeersbeamptes geweier sal word. lol

Tipper ·

Oefen maar intussen en jou gewig sal afkom,maar dan moet jy hou daarby,help nie jy los weer n bietjie nie.

Erik ·

Stem saam. En eet eerder ‘n appel, as appeleer. Baie goedkoper met baie meer voordele.

Piet Pompies ·

en tog vertel sy nie die hele storie nie – volgens hulle het sy meer as net oorgewig en mediese probleme wat hulle geld gaan kos – nee dame jy kan self iets daaraan doen
Wens ons regering was so streng op immigrante

Akhenatha ·

Meeste lande aanvaar nie oorgewig mense nie. Sy sal verseker die saak verloor. Sy moet eerder probeer om gewig te verloor.

koos10 ·

Dis ‘n SA sindroom. Nie die gewig nie, maar die gevoel dat die hele wêreld ons iets skuld.
As jy dan daar wil bly, moet jy by hulle reëls hou. Onthou, jy het die land GEKIES. Jy kan nie ‘n land kies en dan aan hulle voorskryf wat om te doen nie.
Hier in SA is dit blykbaar anders. Die hele Afrika is welkom by ons, wettig of onwettig en dan kom hulle en skryf aan ons voor!

Miskruier ·

Jammer ek stem nie saam, het net soveel geweeg. Na kniepyn sê dokter ek kort n knie vervanging. Ek het begin Keto en begin oefen fiets trap. Is 25 kg ligter en kan weer loop. Baie in ons familie is diabete agv oorgewig, dink wat is die koste aan medisyne.

Wielspore ·

Ek het 5 weke terug ophou suiker gebruik in my tee en drink suikervrye koeldrank en het in hierdie tyd 11 kg verloor, dit alles om die maag.
As bonus voel ek beter, my vel lyk beter, het ophou snork in die nag, my verstand is ook meer helder.
Doen die ding, oefen en eet gesond.

RS ·

Sy kan wel maar die gewig verloor…dit is wel ook n vorm van diskriminasie en n manier van boelie.

Andrew ·

En so is al die siektes in die “real world” ook diskrimineerend en boelie hulle ook maar makliker die wat nie gesond is nie. Noem dit maar die natuur, daai snaakse ding waar n leeu en skaap nie om dieselfde vuur kan sit nie.

Astrain ·

NZ beskerm hulle belasting betalers ten alle koste teen immigrante met gesondheids risikos want hulle het ‘n uitstekende NHP. Dis dieselfde as Discovery wat met Vitality sy poel bydraers probeer beskerm teen mense wat onnadekend met hulle gesondheid omgaan. Dus, lyk soos jy wil maar dit beteken nie dan dat NZ dit sal gelate aanvaar nie. Ek het familie daar en hulle is baie streng en pas elke wet toe ten nouste!

VaalDonkie ·

Ja New Zealand is die perfekte land vir mense wat hulle bure haat. Daar loop almal met hulle fone in die hand, reg om iemand te verkla wie se braai te veel rook of wie se vullisdrom te vol is. Nee rerig. Ek was self daar. Mislike mense.

Jedi Knight ·

Alle immigrante raak so liries oor lande met streng reëls en wette. Maar as die lieflike streng reëls teen hulle toegepas word, dan is dit ewe skielik nie meer so lekker nie.

Andrew ·

Eerstens dis nie “jou” land nie, dis hulle reels . Niks anders as om in SA, of Europa of Amerika, of in die Kaap te kla oor die hoeveelheid immigrasie en die impak op publieke gesondheidsorg en ander staat welsyn. Sou die man onbevoeg verklaar word, wat dan? Daar was voorheen al n hele paar stories oor medies ongeskikte mense wat uit NZ geskop was oor ongeskik verklaarde gesins lede. Nie seker hoe dit vir hulle uitgedraai het nie.

JohanR ·

Ek wonder as jy in NZ gebore is, en soe by 40 begin jy bietjie die gewigies aansit. Word jy dan na China gestuur?

Linx ·

Ja wat ander lande is glad nie so neverminded soos suid afrika as dit kom by onkostes nie,ek kan glad nie verstaan hoekom mense alewig die “diskriminasie” woord gebruik sodra iets hlle nie pas nie.

sopbeen ·

As dit vir almal so maklik was om maer te word sou daar glad nie vet mense gewees het nie.

VaalDonkie ·

Wys jou maar net: privaat hospitale en mediese fondse is maar net beter as staatsmedisyne. Want as jy self betaal, dan gaan niemand worry oor hoe siek of sieklik jy is nie.

Moeilikheid ·

Kyk ek was in New Zealand gewees en dit is net hulle wat met sulke idees vorendag kan kom. Daai klomp New Zealanders is seker die dikste klom wat jy kan tee kom. Kom terug SA toe man dit is lekker hier.

Realis Thailand ·

Die vrou moet maar net minder eet en meer beweeg
Meeste mense sukkel met hulle gewig want kos is tog soooo lekker maar hier dra sy nou die gevolge daarvan
Om so 50 KG te verloor is nie so erg as al die koste om van voor weer in SA te begin nie

Roenel ·

Ek is doodseker sy het van die gewigs voorwaarde geweet. Die feit dat n geestestoestand hulpnommer moes geskakel word vir n 9 jarige kind, sterk nie hulle saak nie. Die regering is reeds bekommerd oor die uitwerking wat hulle as gesin op die gesondheids stelsel gaan wees. Reels kan nie gebuig word in ander lande nie… Hou by hulle reels en geniet die voordele. Of kom terug Sa toe.

Mrs H ·

Wat gebeur as jy oud en afgetree is? Moet jy ook dan uit die land omdat daar met ouderdom, gesondheids gevalle opduik?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.