SA vrou tereggestel in China

ʼn Suid-Afrikaanse vrou sal na verwagting Maandag in China tereggestel word nadat sy skuldig bevind is daaraan dat sy dwelms in die land ingesmokkel het.

Die eNews-kanaal berig dat Janice Bronwyn Linden (35) in November 2008 met drie kilogram tik in haar bagasie betrap is toe sy by die lughawe in Guangzhou geland het. Die doodstraf is in Julie 2009 aan Linden opgelê. Linden het reeds verskeie kere appèl aangeteken, sonder sukses. Linden is nie bewus daarvan dat sy Maandag ʼn dodelike inspuiting gaan kry nie aangesien dit die gebruik in China is dat ʼn persoon wat tereggestel word eers die oggend wat dit plaasvind daarvan uitvind. Twee van Linden se susters is in China en sal toegelaat word om vir ʼn uur by haar te wees voor haar dood. Daar is volgens berigte meer as 20 Suid-Afrikaners in aanhouding in China in verband met verskeie misdade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.