SA vrou vas in Bangkok oor dwelms

Dieselfde dag wat ʼn Suid-Afrikaanse vrou in China tereggestel is weens dwelmsmokkelary is nog ʼn Suid-Afrikaanse vrou in Bangkok, Thailand in hegtenis geneem nadat sy met dwelms betrap is.

Die Bangkok Post berig dat Nobanda Nolubabalo (23) Maandag op die Bangkok Internasionale lughawe in hegtenis geneem is nadat daar 1,5 kilogram kokaïne in haar rastalokke gevind is. Die polisie het Nolubabalo glo ondersoek nadat hulle ʼn wit stof in haar hare opgemerk het. Nolubabalo het in Bangkok aangekom nadat sy ʼn vlug geboord het in San Paulo, Brasilië. Volgens die owerhede het 1,5 kilogram kokaine ʼn straatwaarde van 4,5 miljoen baht (of sowat R1,2 miljoen.). Volgens die polisie het Nolubabalo erken dat sy die dwelms gesmokkel het en is sy glo vir 60,000 baht (of sowat R16 000) gehuur om die dwelms aan ʼn kliënt in Bangkok te neem. Janice Bronwyn Linden (35) is Maandag in China tereggestel nadat sy in November 2008 met drie kilogram tik in haar bagasie betrap is toe sy by die lughawe in Guangzhou geland het.

Vanessa Goosen, ʼn voormalige Mej. Suid-Afrika-finalis, het einde verlede jaar na Suid-Afrika teruggekeer nadat sy 16 jaar tronkstraf in Bangkok uitgedien het. Goosen is op 17 April 1994 op die Bangkok-lughawe in hegtenis geneem nadat sy betrap is met 2,7 kg heroïen in haar bagasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.