SA vrou vas in Indië oor dwelms

Konsulêre amptenare het Maandag ʼn Suid-Afrikaanse vrou besoek wat in Moembai, Indië in hegtenis geneem is vir dwelmsmokkelary.

Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, sê die vrou is op Moembai-lughawe in hegtenis geneem nadat daar glo dwelms in haar bagasie gevind is. “Sy was op pad na Suid-Afrika via Addis Ababa op ʼn vliegtuig van Ethiopia Airlines.” Kgwete sê verdere besonderhede sal bekend gemaak word wanneer die vrou in die hof verskyn. Die dagblad Times of India het die vrou geïdentifiseer as Cicee Linten (36). Volgens die berig is daar 26kg se dwelms in haar besit gevind ter waarde van nagenoeg R22 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flash ·

Moes ‘n dom blondine gewees het.
Meeste lugrederye laat net 23 kg bagasie toe, toe pak sy 26 kg dwelms…

Hulle het haar seker laat uitpak, toe sien hulle sy gaan op reis met baie medikasie maar geen tandeborsel.
Moral of the story: Fight overweight!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.