SA-vrou vas oor dwelms in stootwaentjie

ʼn Suid-Afrikaanse vrou is by die Lilongwe Internasionale Lughawe in Malawi in hegtenis geneem nadat sy glo probeer het om vier kilogram kokaïne in ʼn baba stootwaentjie te smokkel.

Die Saturday Star berig dat Patience Monkei-Khame (33) by die lughawe deursoek is nadat owerhede opgemerk het dat daar nie ʼn baba was in die stootwaentjie nie. ʼn Polisiewoordvoerder in Malawi, Peter Botha, sê Monkei-Khame het in die land aangekom van Brasilië en was onderweg na OR Tambo Internasionale Lughawe. Hy sê sy het skuld beken en gesê ʼn bende het haar R30 000 aangebied om die dwelms na Suid-Afrika te smokkel. Verlede maand is nog ʼn Suid-Afrikaner, Nolubabalo Nobanda, by ʼn lughawe in Bangkok in hegtenis geneem nadat daar kokaïne in haar hare gevind is. Janice Linden is verlede jaar terggestel in China vir dwelmssmokkelary.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.