SA Weerburo verwag haelstorms en stormwinde

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Weerburo het Woensdag gesê hy verwag donderstorms met groot haelstene en stormwinde oor ʼn groot deel van die land.

“Gauteng, oostelike dele van Noordwes, westelike dele van Mpumalanga, die westelike en suidelike dele van Limpopo, en die sentrale en noordoostelike deel van die Vrystaat kan erge donderstorms te wagte wees,” het die weerburo Woensdag in ʼn verklaring gesê. “Stormwinde kan moontlik skade aanrig.”

Die weerburo het egter nog geen waarskuwing uitgereik nie.

Lees ook:
Foto’s: Erge haelstorm tref Secunda

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.