SA-welsynwerker sterf naby Sirië

Mustafa Wilson, ʼn welsynwerker en sakeman van Kaapstad, is dood nadat hy Vrydag in Turkye in ʼn voertuigongeluk betrokke was.

Wilson was deel van ʼn groep van 18 mense wat na Sirië onderweg was om humanitêre werk daar te gaan verrig, het die Cape Argus Maandag berig.

Wilson was deel van die Darul Islam Relief Mission. Die groep het verlede week Dinsdag Kaapstad verlaat en in twee groepe verdeel. Een groep was onderweg na ʼn vlugtelingkamp in Jordan en Wilson se groep is na Turkey vanwaar hulle Sirië se grens in ʼn voertuig wou oorsteek.

“Die bestuurder van die voertuig het naby die grens beheer oor die voertuig verloor, waarna dit in ʼn sloot beland het,” het die Moslemregsraad gesê.

Drie mense is in die botsing beseer en is in ʼn plaaslike hospitaal opgeneem vir verdere behandeling.

Volgens die raad hoop hulle om Wilson se liggaam vroeg in die week te bekom.

Die res van die afgevaardigdes gaan met hul welsynwerk voortgaan en behoort Donderdag terug te keer na Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.