Saak teen Ratte en medebeskuldigdes teruggetrek

Willem Ratte. Foto: Facebook

Die saak teen oudkmdt. Willem Ratte en sy vyf medebeskuldigdes is teruggetrek.

Beeld berig dat die staat die saak teen Ratte, Justin Schoeman, Corne de Beer, Petrus Visser, Wesley Borman en Christopher Meyer op 23 September in die streekhof in eMalahleni teruggetrek het. Ratte en nog nege mans is op 30 September verlede jaar by ʼn jeugherberg in die Balmoral-sentrum, buite eMalahleni, in hegtenis geneem. Hulle is onder meer aangekla van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Daar is ook in ʼn stadium ʼn klag van kinderpornografie teen Ratte ondersoek. Die aanklagtes is egter geleidelik teen verskeie van die verdagtes teruggetrek.

Lees die volledige storie hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

genoeg ·

Merkwaardig dat die saak teen Ratte terug-getrek is – dit wys dat daar geen grondige redes was vir sy arres nie – is dit nie net om mense wat NIE met die huidige regering saamstem te frustreer en te muilband nie – terwyl die kriminele in hogere posisies in die Staat (Selebe en Cele as voorbeeld) vry rondloop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.