Saak teen Steyn se pa uitgegooi

Morné Steyn. Foto: SAPA

ʼn Saak van diefstal teen die Springbok-losskakel, Morné Steyn, se pa is Maandag uitgegooi deur die hof.

Beeld berig dat Johan Steyn by die hof was maar dat hy nooit verskyn het nie aangesien die aanklaer nie die saak op die hofrol wou plaas nie weens “onvoldoende getuienis.” Beeld het Saterdag berig dat Steyn sr. Vrydagmiddag deur speurders van die Parkweg-polisiestasie in hegtenis geneem is by sy huis in Bloemfontein. ʼn Werknemer van Stafix Electric Fence Centre wat na bewering saam met Steyn sr. by die diefstal betrokke was, het reeds in die hof verskyn en skuld beken. Hy is verlede Saterdag in hegtenis geneem nadat daar na voorraadopname besef is daar is R30 000 se voorraad by Stafix gesteel. Die ander werknemer het glo gesê dat hy betaal is om die voorraad vir Steyn sr. te steel.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.